Simptome van Kindersiektes

Marzanne Booyens

Kinkhoes
Gewone verkoue simptome (hoes, loopneus, koors).
Al hoe erger - veral hoes.
Asemhaling aangetas.

Masels
Verkouesimptome, droë hoes, koors, rooi/seer oë.
Uitslag begin op gesig en nek (teen die tyd dat dit by die voete kom, verdwyn dit al in die gesig).

Pampoentjies
Speekselkliere aangetas (onder en voor ore).
Koors, hoofpyn, oorpyn.
Droë mond, keel seer as sluk.

Duitse Masels
Uitslag agter ore wat versprei.
Voel moeg en siek so 4 dae voor uitslag.
Koorsig nog vir paar dae na uitslag weg.

Waterpokkies
2 dae sleg voel, dan uitslag.
Uitslag in vorm van klein rooi puisies wat lyk soos traandruppeltjies.
Uitslag op gesig en romp (nie op arms en bene).


Klem-in-die-kaak
Spierstyfheid, spasma.

Witseerkeel
Soos mangelontsteking (seer keel, hoes wat soos kroep klink).
Nie spontane ontwikkeling nie.
Ligte koors, keelseer, hoes / hees stem, hoofpyn.

Pokke
Hoofpyn, rugpyn, hoë koors.
3 dae na koors - braking.
Rooi kolle op gesig en lyf.

Skarlakenkoors
Soos mangelontsteking.
Uitslag en keelseer.
Na 3 dae van keelseer: koors, vomering, buikpyn (weens kliere).
Uitslag nie om mond nie.

Awesome Image

By Klein Possies is elke kleutertjie spesiaal. Elke kindjie se individualiteit en uniekheid word in ag geneem wanneer ons hulle voorberei vir skooltoetrede. Al ons graad R-klasse voldoen aan departementele riglyne en volg die CAPS-kurrikulum.

 
 
 
 

Skoolure

  • Ma - Vr07:00-17:15
  • Sa - SoGesluit
  • SkoolvakansiesGesluit

  Besoek ons Facebookbladsy.

 
 

Kontak ons gerus

U kan ons gedurende skoolure kontak by.

  • Genl. Hertzogstraat 100
    Dan Pienaar, Bloemfontein
  • 051 – 436 3370
  • ontvangs@willempostmapreprimer.co.za
© 2025 Willem Postma Preprimêr. Alle regte voorbehou. Webtuiste deur Utilisoft