Wat doen ons by Skool

Ons leer baie dinge deur die dag en dit alles terwyl ons heerlik speel! Elke oggend begin ons met ‘n Bybelstorie en gebedjie en ons sluit ons oggendprogram ook af met Storietyd. Ons volg elke week ‘n tema wat ons die Vrydag afsluit met ‘n heerlike Bak-en-Brou aktiwiteit. Sekere roetine-aktiwiteite, soos die weerkaart, telwerk en dae van die week, word daagliks herhaal, sodat die kindjie kans kry om hulle geheue te versterk.
Gedurende kunsaktiwiteite kry die kinders nie net kans om hulle kreatiwiteit uit te leef nie, maar oefen hulle ook baie belangrike fynmotoriese vaardighede, soos knip en potloodgreep. Klei- en sandspel bly ook ‘n groot gunsteling.
Ons juffrouens is groot Mind Moves-aanhangers en gebruik hierdie tegnieke sodat ons kindertjies optimaal kan leer.

Speeltyd buite is ook leertyd. Dit is hier waar die kinders nie net die grootspiere van die lyf sterker speel nie, maar ook hulle waagmoed uitbrei deur hardloopspeletjies en met klim-en-klouteraktiwiteite. Buitekant leer hulle ook om op hulle eie manier met maatjies te kommunikeer, sodat hulle taal- en sosiale vaardighede kan ontwikkel.

Ons juffrouens neem elke kindjie se unieke persoonlikheid, ontwikkelingstempo en temperament in ag wanneer daar met hulle gewerk word. Emosionele ontwikkeling is nog belangrik in graad R, aangesien die klein kindjie nog leer wie hy of sy is. Ons moedig maats ook aan om mekaar te ondersteun en verskille te respekteer. Ons leer empatie vir ander en implimenteer ook uitruikprojekte, sodat ons op ‘n gesonde manier bewuswording kan kweek en op hierdie manier kan wegbeweeg van die “eie ek”.

Om seker te maak ons kindertjies se ontwikkeling is in plek doen ons deurlopende assesserings en verslae word kwartaalliks huis toe gestuur. Addisionele assesserings sal ook gedoen word deur ‘n Kinderkinetikus en ‘n Oudioloog. Skoolgereedheidstoetse word ook by die skool afgeneem.

Awesome Image

By Klein Possies is elke kleutertjie spesiaal. Elke kindjie se individualiteit en uniekheid word in ag geneem wanneer ons hulle voorberei vir skooltoetrede. Al ons graad R-klasse voldoen aan departementele riglyne en volg die CAPS-kurrikulum.

 
 
 
 

Skoolure

  • Ma - Vr07:00-17:15
  • Sa - SoGesluit
  • SkoolvakansiesGesluit

  Besoek ons Facebookbladsy.

 
 

Kontak ons gerus

U kan ons gedurende skoolure kontak by.

  • Genl. Hertzogstraat 100
    Dan Pienaar, Bloemfontein
  • 051 – 436 3370
  • ontvangs@willempostmapreprimer.co.za
© 2025 Willem Postma Preprimêr. Alle regte voorbehou. Webtuiste deur Utilisoft