My naam is Marizaan Potgieter. Ek is die assistentjuffrou in die Pikkewynklas. Ek werk al met kinders sedert 2014 deur Trompoppie-afrigting. Ek het in 2018 by Kontiki aangesluit. My passie is kinders en dit is my strewe om ‘n positiewe bydra te lewer tot elke kind se opvoeding en ontwikkeling. Ek glo, elke kind verdien sy/haar plekkie in die son.