Ons Waardes

Ons Visie is om elke graad R-kindjie binne ‘n veilige omgewing en in eie uniekheid skoolgereed te kry.  Met Christenskap as grondslag en Afrikaans as voertaal kweek ons hierdie waardes:

15

Personeel

42

Konserte

2000

Gelukkige ouers

1255

Gegradueerdes

Wat ons bied

Sedert 1976 lewer ons topgehalte diens met uitstekende geriewe vir u kind.

Ervare Onderrig

Christelike grondslag deur 'n ervare juffrou en assistent in elke klas.

Liefde en Aandag

Uniekheid word raakgesien en elkeen ervaar persoonlike kontak.

Smaaklike Etes

Etes kan voorsien word en daar is gesuiwerde water in elke klas.

Parkering

Veilige parkering en die vloei van verkeer in die oggende word vergemaklilk deur eenrigtingvloei.

Fisiese Aktiwiteite

'n Gebalanseerde program word gevolg wat verseker dat daar genoegsame deelname aan fisiese aktiwiteite is.

Veilige Omgewing

Veiligheid is een van ons hoogste prioriteite en daar is 32 cctv-kameras op die perseel.

Ons Klasse

 

class image
  • Klasgrootte28
  • GraadR
  • Juf Ilse Juf Chiquita

 

class image
  • Klasgrootte28
  • GraadR
  • Juf Jeanne Juf Lehzè

 

 
 
 
 
 

 

class image
  • Klasgrootte20
  • GraadR
  • Juf Caroline Juf Marizaan

 

class image
  • Klasgrootte28
  • GraadR
  • Juf Chanell Juf Jo-Ann

 

class image
  • Klasgrootte28
  • GraadR
  • Juf Michelle Juf Maretha

 

 
 
 

EERSTE DAG SKOOL TOE 2024!

Kontiki is 'n wonderlike skool met baie goeie personeel! Daar is soveel liefde en geduld vir al die kindertjies. Hier kan n kind nog kind wees en leer terselfde tyd. Beste skool in Bloemfontein!

Marzelle Gous

Marzelle Gous

(Kleuter se ma)

Albei ons seuns was in Kontiki en ek glo en vertrou my kinders is sterk leiers, gelowige kinders en kinders met mooi maniere as gevolg van die liefde en erkenning wat hulle by Kontiki ontvang het.

Illse Nel

Illse Nel

Kleuter se ma

Wat kan ek sê - Kontiki is tops! My kind Adrie het nie net op akademiese vlak baie ontwikkel nie, maar ook emosioneel sterk uitgestap toe sy haar graad R voltooi het! Baie dankie Kontiki vir julle toewyding en omgee!

Riana Meyer

Riana Meyer

Kleuter se ma

Algemene Vrae

  • Watter ouderdom kinders neem julle in?

    Ons is Willem Postma se graad R-skool en daarom het ons slegs graad R-kleuters.

  • Kan ons kom kyk hoe dit lyk?

    Weens Covid regulasies versoek ons dat ouers ons eers sal kontak vir 'n afspraak.

  • Hoe skryf ek in?

    Kliek hier om die die vorm digitaal in te vul...

  • Watter dokumente moet die inskrywings vergesel?

    Afskrifte van die kind se geboortesertifikaat en kliniekkaart indien beskikbaar, sowel as afskrifte van ouers se identiteitsdokumente moet die inskrywing vergesel.

Kontak ons

Awesome Image

By Klein Possies is elke kleutertjie spesiaal. Elke kindjie se individualiteit en uniekheid word in ag geneem wanneer ons hulle voorberei vir skooltoetrede. Al ons graad R-klasse voldoen aan departementele riglyne en volg die CAPS-kurrikulum.

 
 
 
 

Skoolure

  • Ma - Vr07:00-17:15
  • Sa - SoGesluit
  • SkoolvakansiesGesluit

  Besoek ons Facebookbladsy.

 
 

Kontak ons gerus

U kan ons gedurende skoolure kontak by.

  • Genl. Hertzogstraat 100
    Dan Pienaar, Bloemfontein
  • 051 – 436 3370
  • ontvangs@willempostmapreprimer.co.za
© 2023 Willem Postma Preprimêr. Alle regte voorbehou. Webtuiste deur Utilisoft