Wie is Willem Postma Preprimêr

By ons is elke kleutertjie spesiaal. Elke kindjie se individualiteit en uniekheid word in ag geneem wanneer ons hulle voorberei vir skooltoetrede. Ons graad R-klasse voldoen aan departementele riglyne en volg die CAPS-kurrikulum.
Hulle besef nie eers hulle werk wanneer ons spelenderwys hulle vaardighede uitbrei en versterk nie. Ons werk aan grootmotoriese, sowel as fynmotoriese, perseptuele en kognitiewe ontwikkeling. Sosiale en emosionele ontwikkeling is vir ons ook baie belangrik sodat ons onafhanklike, selfversekerde kindertjies graad 1 toe kan stuur. 
Saam met opgeleide personeel identifiseer ons probleemareas en werk dan saam met spraak- , spel- en arbeidsterapeute om agterstande in te haal en hindernisse te oorkom. Ons doen ook skoolgereedheidstoetse by die skool om te verseker ons kleuters is wel gereed wanneer hulle na die “groot skool” toe moet gaan en help ouers wat vrystelling moet kry.
Ons leuse is nie sonder rede “Gelukkige kleuters” nie. Ons poog om in Afrikaans en binne ‘n veilige, stabiele en gelukkige omgewing kinders op te voed volgens Christelike beginsels. Met liefde as die grond waarin ons kleingoed groei kan ons kinders nie anders as om te blom nie.


“Gee jou seun ‘n goeie opvoeding en jy sal gerus wees oor hom;  hy sal jou baie vreugde verskaf.”
Spreuke 29:17
"Elke kind kom met die boodskap dat God nog nie moed opgegee het met die mensdom nie"
Anoniem
If you want your children to improve, let them overhear the nice things you say about them to others.
Haim Ginott
It is easier to build strong children than to repair broken men.
Frederick Douglas

Awesome Image

By Klein Possies is elke kleutertjie spesiaal. Elke kindjie se individualiteit en uniekheid word in ag geneem wanneer ons hulle voorberei vir skooltoetrede. Al ons graad R-klasse voldoen aan departementele riglyne en volg die CAPS-kurrikulum.

 
 
 
 

Skoolure

  • Ma - Vr07:00-17:15
  • Sa - SoGesluit
  • SkoolvakansiesGesluit

  Besoek ons Facebookbladsy.

 
 

Kontak ons gerus

U kan ons gedurende skoolure kontak by.

  • Genl. Hertzogstraat 100
    Dan Pienaar, Bloemfontein
  • 051 – 436 3370
  • ontvangs@willempostmapreprimer.co.za
© 2024 Willem Postma Preprimêr. Alle regte voorbehou. Webtuiste deur Utilisoft