Ek is Marzanne Booyens. Ek is getroud met Wilhelm en ons het ‘n seun, Wi-Jan. Ek het vanaf 1992 – 1995 by Kovsies Sielkunde studeer en het in 1999 by hierdie ongelooflike skool aangesluit. Aanvanklik as assistent en toe as juffrou van die 2-, 3-, 4- en 5jariges, voordat ek in 2007 die Skoolhoofpos betree het. In die begin was ek ook juffrou van my eie graad R-klas en dit was voorwaar vir my heerlik om met al die ouderdomsgroepe te kon werk en so eerstehands te kon beleef hoe ‘n kleuter se ontwikkeling in mekaar pas. Die psige van die klein kindjie was nog altyd vir my ‘n passie, want emosies en selfbeeld speel so ‘n groot rol in ons daaglikse dink en doen. Dit is ook baie belangrik dat ‘n klein kindjie sy of haar emosies moet kan herken en weet wat om daarmee te maak. Slegs dan kan hulle optimaal groei, ontwikkel en leer.
Gedurende die tyd wat ek by hierdie skool betrokke was, was ek werklik bevoorreg om saam met puik personeel te werk. Eers is ek deur ongelooflik kundige juffrouens gementor en nou het ek die voorreg om my span te mentor en tot groot hoogtes te neem. Die klasonderwyseresse is opgelei in Skoolgereedheid, asook in Six Bricks. Ons het ook die Mind Moves opleiding voltooi in die Neurowetenskaplike benadering tot ontwikkeling en in die identifisering van ontwikkelingsagterstande. Ons assistente het al die opleidingsessies van SA Childcare gedoen en die hele personeel het Vlak 1-Noodhulpopleiding. Ons kinders is werklik in uiters bekwame hande en word in liefde en sorg onderrig.
SocSc (Sielkunde/Kriminologie) UOVS (1995)
Diploma in Kindersagsorg/Educare INTEC (1997)
Nagraadse Onderwyssertifikaat (Grondslagfase) UNISA (2002)
BA Hons (Sielkunde) UNISA (2006)
Nagraadse sertifikaat in Onderwysbestuur UNISA (2014)
Wise Child (Dr. Rinda Blom):
Hantering van Emosionele en Gedragsprobleme by Kinders (Basiese kursus) (2005)
Hantering van Emosionele en Gedragsprobleme by Kinders (Gevorderde kursus) (2005)
Genesalem (Dr. Mary Ring):
Themes in Children’s Play; Children’s Drawings for Abuse; Trauma Group Activities for children (2007)
Mada Krafft:
Werkswinkel in Non-direktiewe Spelterapie (2009)
Sentrum vir Spelterapie en Opleiding (Dr. Hannie Schoeman):
Spelterapie: Gestaltbenadering (Basiese kursus) (2012)
Spelterapie: Gestaltbenadering (Gevorderde kursus) (2012)
Red Shoe Centre for Play Therapy (Dr. Rinda Blom):
Assessing Structure, Process and Drawings in Play Therapy (2020)
Optima Sentrum (Dr. Susan le Roux):
Groepassessering vir Skoolgereedheid (2003; 2018)
The Connexion (Dr. Melody de Jager):
Leergereed 5 – 7 en Skoolgereedheid; Aanlegtoets vir Skoolbeginners (ASB) (2007)
UVS Simposium:
Identifisering vna Leerhindernisse, HIV ondersteuning, ADHD & Outisme (2009)
Mind Moves Instituut (Dr. Melody de Jager):
Die Neurowetenskap van Leer; Die Neurowetenskap van Ontwikkeling; Die Neurowetenskap van Gedrag; Die Neurowetenskap van Uniekheid; Neuro-ontwikkelingsagterstande (2015)
Speel klaar met Lae Spiertonus; Speel klaar met Ouditiewe-, Spraak- en Taalagterstande; Disleksie en Ruimtelike Oriëntasie; Gravitasie Sekerheid; Leesbare Handskrif; Praktiese Werkswinkel (2017)