Ek is Jeanne Viljoen en ek is bevoorreg om al sedert 20012 by Kontiki ‘n juffrou te wees. Met juffrou Lehzè as my regterhand, is ons in beheer van die Dolfynklas.
Ek is getroud met Heinrich en Alexia Jade Viljoen vul ons nessie met vreugde. Ek geniet dit om werkswinkels by te woon en myself steeds meer te verryk ten opsigte van kinderontwikkeling.
My naam is Marizaan de Roubaix. Ek is die assistentjuffrou in die Pikkewynklas. Ek werk al met kinders sedert 2014 deur Trompoppie-afrigting. Ek het in 2018 by Kontiki aangesluit. My passie is kinders en dit is my strewe om ‘n positiewe bydra te lewer tot elke kind se opvoeding en ontwikkeling. Ek glo, elke kind verdien sy/haar plekkie in die son.