15
Personeel
68
Konserte
2480
Gelukkige ouers
1658
Gegradueerdes
Sedert 1976 lewer ons topgehalte diens met uitstekende geriewe vir u kind.
Veilige parkering en die vloei van verkeer in die oggende word vergemaklilk deur eenrigtingvloei.
'n Gebalanseerde program word gevolg wat verseker dat daar genoegsame deelname aan fisiese aktiwiteite is.
Veiligheid is een van ons hoogste prioriteite en daar is 32 cctv-kameras op die perseel.
Kyk gerus na die wonderlike dinge wat ons by Possies doen!
Kontiki is 'n wonderlike skool met baie goeie personeel! Daar is soveel liefde en geduld vir al die kindertjies. Hier kan n kind nog kind wees en leer terselfde tyd. Beste skool in Bloemfontein!
(Kleuter se ma)
Albei ons seuns was in Kontiki en ek glo en vertrou my kinders is sterk leiers, gelowige kinders en kinders met mooi maniere as gevolg van die liefde en erkenning wat hulle by Kontiki ontvang het.
Kleuter se ma
Wat kan ek sê - Kontiki is tops! My kind Adrie het nie net op akademiese vlak baie ontwikkel nie, maar ook emosioneel sterk uitgestap toe sy haar graad R voltooi het! Baie dankie Kontiki vir julle toewyding en omgee!
Kleuter se ma
Ons is Willem Postma se graad R-skool en daarom het ons slegs graad R-kleuters. Ons neem hulle dus in vir die jaar wat hulle 6 word en inskrywings word die jaar vooraf gedoen.
Daar sal ‘n kuierdag in Augustus gehou word vir alle kleuters wat reeds ingeskryf is vir die volgende jaar. U is egter welkom om ‘n afspraak te maak indien u ons wilk om besoek of enige verdere vrae het.
Alle inskrywings moet per hand ingevul en ingedien word by die Laerskool se ontvangs, tesame met die vereisde dokumentasie.
Kliek hier vir die Inskrywingsvorm(PDF)
Afskrifte van die kind se geboortesertifikaat en kliniekkaart, sowel as afskrifte van ouers se identiteitsdokumente moet die inskrywing vergesel.