Ek is getroud met Johan, ons het twee getroude kinders en ons is ook al geseën met kleinkinders. Ek beskou dit 'n groot voorreg om saam met Willem Postma Preprimêr hulle nuwe fase mee te maak.
Ek is Zarine Potgieter. Ek het in 2023 gematrikuleer aan Hoërskool Oranje Meisieskool en studeer tans Grondslagfase Onderwys by AROS. Ek het nog altyd 'n groot passie en liefde vir kinders. Dit is vir my 'n voorreg om deel te wees van hulle vormingsjare. Ek geniet dit om 'n positiewe bydrae tot hul ontwikkeling en daaglikse leer te maak in 'n liefdevolle en ondersteunende omgewing. Ek vind dit ongelooflik vervullend om by te dra tot hul selfvertroue en liefde vir leer.