GELOOF

Heb. 11:1

RESPEK

Joh. 15:13 & Fil. 2:4

OMGEE

1 Pet. 2:17

BLYDSKAP

Fil. 4:4 & Neh. 8:10

1. GELOOF

Kernvers:

Hebreërs 11:1
“Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.”

Matteus 17:20
“As julle geloof in God maar net so groot soos ‘n klein saadjie is, dan sal julle groot dinge van God vra en dit ook kry. Geen probleem sal dan te veel vir julle wees nie. Selfs ‘n probleem wat vir julle so groot soos ‘n berg is, sal julle uit julle pad kan glo.”

Kleur: Geel
Simbool: Hande wat bid
Verduideliking: Geloof is om te glo in iets wat ons nie kan sien nie.
Ons glo in God en aan Sy liefde vir ons. Al kan ons Hom nie sien nie, weet ons Hy is daar en dat Hy vir ons sorg! Ons geloof is soos ‘n bootjie wat dryf op die groot oseaan van die lewe. Hoe sterker ons bootjie, hoe beter kan dit die golwe en storms weerstaan.

3. OMGEE / LIEFDE

Kernverse: 

Joh. 15:13
“Julle moet vir mekaar omgee, net soos Ek vir julle omgee en liefhet.”

Fil. 2:4
“Sien om na mekaar se behoeftes in liefde.”

Kleur: Rooi
Simbool: Hande wat hart vorm
Verduideliking: Onthou julle dat ons gesê het om in God te glo is ons bootjie op die see van die lewe. Het julle al gesien dat party bote roeispane het. Met die roeispane kan die mense op die boot besluit presies waarheen die bootjie moet gaan en ook hoe vinnig hulle daar wil uitkom. Deur om te gee vir ander mense kan jy beheer neem oor jou lewensreis. Dus kan jy self besluit waarheen jou bootjie moet gaan en hoe vinnig dit moet gebeur. Hoe kan ons omgee vir ander?

2. RESPEK

Kernvers:

1 Petrus 2:17
“Respekteer mekaar en hê ontsag vir die Here.”

Kleur: Blou
Simbool: Hande wat groet
Verduideliking: Onthou julle dat ons gesê het Geloof is ons bootjie op die see van die lewe en dat die roeispane ons help om beheer te neem oor die reis. Ons het ook gesê dat een van hierdie roeispane omgee is. Die ander roeispaan is respek. Wanneer jy omgee vir ander is wie hulle is, wat hulle dink en hoe hulle voel vir jou belangrik en daarom behandel jy hulle met respek. Ons moet respek hê vir God, vir onsself, vir ander mense - groot en klein - en vir ons skool. Respek is om iemand raak te sien. Almal verdien om raakgesien te word. Om respek te betoon is om vir iemand hallo en totsiens te sê. Ook asseblief en dankie. Alle mense (maak nie saak hoe oud, wat hulle doen of watter kleur hulle vel is nie) verdien respek, want hulle is almal deur God geskape. Ouer mense verdien ook respek omdat hulle meer weet van die lewe as ons.

4. BLYDSKAP

Kernverse:

Fil. 4:4
“Wees altyd vrolik en bly, want jy is Jesus se kind. Wees altyd gaaf en vriendelik met jou vriende en ander mense.”

Nehemia 8:10
“Die blydskap van die Here is ons krag.”

Kleur: Groen
Simbool: Hande wat waai
Verduideliking: Geloof is ons bootjie op die see van die lewe en die roeispane wat ons help om ons bootjie vinnig in ‘n sekere rigting te laat gaan is omgee en respek. As hierdie bootjie vinnig in die vaar, gaan sy seiltjie van blydskap vrolik in die wind wapper. Dit beteken dat as ons hierdie lewensreis van ons met liefde en respek vir ander aanpak ons met Blydskap gevul sal word, want God se opdrag aan ons is om ander lief te hê en te dien.

Sluit nou by ons aan!

en word deel van die Possie-familie.

Awesome Image

By Klein Possies is elke kleutertjie spesiaal. Elke kindjie se individualiteit en uniekheid word in ag geneem wanneer ons hulle voorberei vir skooltoetrede. Al ons graad R-klasse voldoen aan departementele riglyne en volg die CAPS-kurrikulum.

 
 
 
 

Skoolure

  • Ma - Vr07:00-17:15
  • Sa - SoGesluit
  • SkoolvakansiesGesluit

  Besoek ons Facebookbladsy.

 
 

Kontak ons gerus

U kan ons gedurende skoolure kontak by.

  • Genl. Hertzogstraat 100
    Dan Pienaar, Bloemfontein
  • 051 – 436 3370
  • ontvangs@willempostmapreprimer.co.za
© 2025 Willem Postma Preprimêr. Alle regte voorbehou. Webtuiste deur Utilisoft