Ek is Chanell Kotzè. Ek kom oorspronklik van die Kaap af, waar ek onderwys studeer het. Ek gee sedert 2007 skool en is vanaf 2010 by Kontiki. Ek is ook opgelei om skoolgereedheidstoetse af te neem.
Ek is lief vir die buitelewe en diere en dan natuurlik is ek mal oor kinders! Ek glo passievol dat ons kleuters leer deur speel en dat ‘n goeie fondasie in die kleuterskool baie belangrik is vir die res van hulle skoolloopbaan. Ek is self ‘n nuwe mamma en kan nie wag om my eie kleinding op te voed nie.
Ek is Jo-Ann Pietersen en ek is oorspronklik van die Kaap. Ek het in 1994 gematrikuleer en daarna by die Universiteit van Kaapstad Dans Onderwys gaan studeer. Ek is al sedert 2012 ‘n assistent in die Walvisklas en dit is vir my ‘n voorreg om elke dag te kan werk met die kinders.