15
Personeel
42
Konserte
2000
Gelukkige ouers
1255
Gegradueerdes
Sedert 1976 lewer ons topgehalte diens met uitstekende geriewe vir u kind.
Veilige parkering en die vloei van verkeer in die oggende word vergemaklilk deur eenrigtingvloei.
'n Gebalanseerde program word gevolg wat verseker dat daar genoegsame deelname aan fisiese aktiwiteite is.
Veiligheid is een van ons hoogste prioriteite en daar is 32 cctv-kameras op die perseel.
Kyk gerus na die wonderlike dinge wat ons by Possies doen!
Kontiki is 'n wonderlike skool met baie goeie personeel! Daar is soveel liefde en geduld vir al die kindertjies. Hier kan n kind nog kind wees en leer terselfde tyd. Beste skool in Bloemfontein!
(Kleuter se ma)
Albei ons seuns was in Kontiki en ek glo en vertrou my kinders is sterk leiers, gelowige kinders en kinders met mooi maniere as gevolg van die liefde en erkenning wat hulle by Kontiki ontvang het.
Kleuter se ma
Wat kan ek sê - Kontiki is tops! My kind Adrie het nie net op akademiese vlak baie ontwikkel nie, maar ook emosioneel sterk uitgestap toe sy haar graad R voltooi het! Baie dankie Kontiki vir julle toewyding en omgee!
Kleuter se ma
Ons is Willem Postma se graad R-skool en daarom het ons slegs graad R-kleuters.
Nuwe ouers is welkom om oggende tussen 08h30 en 13h00 te kom inloer wanneer die administratiewe personeel by die skool is. Geen afspraak is nodig nie.
Die vorm kan per e-pos of per hand by die skool ingehading word.
Afskrifte van die kind se geboortesertifikaat en kliniekkaart, sowel as afskrifte van ouers se identiteitsdokumente moet die inskrywing vergesel.