Seekatte


ONTMOET ONS JUFFROUENS

Michelle Pretorius

My naam is Michelle Pretorius. Ek het op die Platteland grootgeword en is oorspronklik van Kroonstad.
Ek is getroud met Herman en ons is in 2021 geseën met 'n pragtige seuntjie, Jean-Luc.

Ek het my BEd graad deur UNISA verwerf en is in die onderwys sedert 2014.

Ek het 'n groot passie en liefde vir kinders, asook hul ontwikkeling. Ek streef as juffrou daarna om elke klein mensie op hul eie unieke manier te help ontwikkel. Dit is vir my 'n groot voorreg om deel te wees van ons kindertjies se gereedmaking vir die grootskool.

Maretha de Kock

Ek is Maretha de Kock en het in 2005 gematrikuleer. Ek is getroud met Mario en ons 2 klein lyfies by die huis is Mia en AJ. Ek is al vanaf 2007 die assistent by die Seekatklas. Ek dink graag aan myself as spontaan en vriendelik en kinders is my passie. Dit is vir my ‘n voorreg om deel te wees van so wenspan!

Awesome Image

By Klein Possies is elke kleutertjie spesiaal. Elke kindjie se individualiteit en uniekheid word in ag geneem wanneer ons hulle voorberei vir skooltoetrede. Al ons graad R-klasse voldoen aan departementele riglyne en volg die CAPS-kurrikulum.

 
 
 
 

Skoolure

  • Ma - Vr07:00-17:15
  • Sa - SoGesluit
  • SkoolvakansiesGesluit

  Besoek ons Facebookbladsy.

 
 

Kontak ons gerus

U kan ons gedurende skoolure kontak by.

  • Genl. Hertzogstraat 100
    Dan Pienaar, Bloemfontein
  • 051 – 436 3370
  • ontvangs@willempostmapreprimer.co.za
© 2025 Willem Postma Preprimêr. Alle regte voorbehou. Webtuiste deur Utilisoft