Die Pikkewynklas bestaan uit 28 vier- tot vyfjariges.
Hier in die Pikkewynklas lag ons hard, speel ons lekker en werk ons saam om nie nèt te ontwikkel en te groei nie, maar om die beste herrinneringe saam te kan bou.
My naam is Marizaan de Roubaix. Ek is die assistentjuffrou in die Pikkewynklas. Ek werk al met kinders sedert 2014 deur Trompoppie-afrigting. Ek het in 2018 by Kontiki aangesluit. My passie is kinders end it is my strewe om ‘n positiewe bydra te lewer tot elke kind se opvoeding en ontwikkeling. Ek glo, elke kind verdien sy/haar plekkie in die son.