Biokinetiese Assesserings word aan die begin van die jaar gedoen en dan word Kinderkinetika klasse in klasverband aangebied om die uitvalareas aan te spreek.
Oudiologiese Siftingstoetse vind in Februarie plaas en verwysings word gedoen na 'n dokter, spesialis, spraakterapeut of gehoorsentrum, indien nodig.
Skoolgereedheidstoetse word in Mei afgeneem, sodat die nodige ingrypings gedoen kan word sodat u kind aan die einde van die graad R-jaar skoolgereed kan wees.
Terapeutiese Verwysings word gedoen vir Arbeidsterapie, Spraakterapie en Spelterapie. Verwysings kan ook gedoen word na die Laerskool se Berader.
Aanbeveling van Terapeutiese Aktiwiteite sal deur die onderwyseresse gedoen word, indien dit u kind tot voordeel sal wees.
Assesseringsverslae word vier keer 'n jaar huis toe gestuur om ouers op hoogte te hou van die kind se vordering.
Formele Assesseringsterugvoer, in die vorm van 'n formele oueronderhoud, vind plaas in Junie of soos die behoefte dit voordoen.
Die boonste stappe word geneem omdat ons weet hoe belangrik dit is vir 'n kind om skoolvaardig en -gereed te wees met toetrede tot graad 1.
By Klein Possies is elke kleutertjie spesiaal. Elke kindjie se individualiteit en uniekheid word in ag geneem wanneer ons hulle voorberei vir skooltoetrede. Al ons graad R-klasse voldoen aan departementele riglyne en volg die CAPS-kurrikulum.